Luk 22:44 “and being in great agony he prayed more earnestly: and his sweat was as it were great drops of blood falling down to the ground.” Wat is Jou Rede?
“Vader laat hierdie beker by my verby gaan, nie my wil nie, maar U wil…” Handelinge 4:12 en 13:39,39 is bewys dat daar geen ander manier was, wat ons as mens kon toegang kry tot die Troon van God nie. Jesus het sy missie verstaan – dit was Angswekkend!
…”nevertheless not as I will, but as thou wilt…”
In ons angstige tye behoort ons vir God te vra om ons te help onderskei tussen ons wil en Sy wil. Ons behoort in daai tye wanneer ons weet met al die ondersteuning en “followers” net soos Jesus gehad het, gaan daar tye wees wanneer mense NIKS kan doen nie!
Daar kom tye (nou terwyl ons nog vlees is) wat net God ons kan deurdra. Is my en jou motief reg? Ons het net EEN motief nodig. VADER nie my wil nie, maar U wil…
So vra Hom – hoekom moet Hy Homself aan jou openbaar in daai tye wat geen mens iets vir jou kan doen nie? As Jesus so tyd gehad het, gaan ek en jy verseker so tyd hê. Is ons motiewe om alles vir Jesus te gee, te leef? Is ons moetief om aan te sluit by die volmaakte werk wat Jesus 2000 jaar glede vir ons moontlik gemaak het. Kom ons wees eerlik en herken en erken, dat ons motiewe maar meestal self gerig is. Ons het Jesus so nodig. Wat ‘n wonderlike tyd van die jaar om net stil te staan en hieraan te dink.
Wat is jou rede vir Angs? Jesus sin was Getsemani.
Dit het nooit oor Homself gegaan nie.
Ons Getsemani’s gaan ook nie oor ons nie. Kom ons maak dit oor Hom. Ons het nodig om by Sy voorsiende Getsemani in te tap, om ons Getsemani’s oor Hom alleen te maak. Nie ons wil nie Jesus, maar U wil hier op aarde.
Soooo waar, Dankie God vir U Seun wat my nooit laat terugkyk nie. Ek WEET ek is geregverdig en ek het U KRAG in my agv Jesus se bloed.