So word dié Blog “Brokenness Binded Up” gebore.

Ons kan ‘n lewe van Oorwinning, in ons Volle potensiaal in Christus lei, ten spyte van ONS WONDE. “Brokenness is Binded Up in Christ !”

Mag hierdie, die eerste en laaste blog wees waar “ek” en “my” gereeld voorkom.  Hierdie blog gaan oor Innerlike Skoonheid, en daar is net Eén wat aan hierdie kwalifikasie voldoen, dit is Christus.

Die ding is, dat Hy Sy Skoonheid in Christus vir my en jou beskikbaar stel. Hoe onselfsugtig! Dit is mos maar gewoonlik wanneer krisisse ons pad kom, wanneer ons die gestalte wat ons al aangeneem het aan die binnekant, moet “face”. Wanneer gebrokenheid kom dan het ons ‘n keuse…

Ek weet nie van jou nie, maar ek het al ‘n paar gebroke keuses in my lewe gemaak.  Was dit nie vir Jesus nie, dan weet ek ook nie waar sou ek gewees het nie? Ek het onlnags ‘n groot “breek” in my lewe gehad. Hierdie groot “breek” in my lewe het ek nie sien kom nie. Jy weet mos as jy niks van die dokter hoor nie, is dit goeie nuus. My foon lui net na ek die Bybel neersit, die dokter wil ons sien. Hy deel so wrintie waar met ons die Srif wat ek al vir 3 maande bestudeer: Romeine 8. Die Here het hóm gekies om die gebroke nuus, heel oor te dra. Ek weet toé dat die Here my wonde ook gaan gebruik, nes Hy joune ook wil gebruik. Ek was nogtans in vir ‘n “journey” om te leer hoe om my wonde in Syne te plaas, sodat dit nie oor my gaan nie.

Met die groot “breek” toe ek niks in my liggaam gehad het om op staat te maak nie, kon ek “rede vir lewe” in Sy Naam kry. Ek het op hierdie laagtepunt NOOIT ‘n gesig van Jesus gesien nie. Nie éen keer ‘n STEM uit die hemele gehoor nie! Inteendeel die Here was STIL! Ek voel om dit te deel, want soms oortuig ons onsself, dat die Here meer soos ons moet praat, sodat ons beter kan hoor. Joh 5:14 sê “…alles wat julle in My WIL vra, en glo dit sal jul ontvang…: – waarom vra ons dan nie dat ons beter kan hoor nie?

Sy stilte het my amper mal gehad, want ek wou ook nie by mense hoor, hoe om deur die digte donker woud te kom nie. Ek wou by die Here hoor, maar Hy was stil. So stil dat ek vleeslik en foutiewelik gewonder het, of Hy ook soos ek woordeloos is? Ek weet Hy het ons lief, ek twyfel nie daaraan nie, Sy Woord sê so, dan is dit so! Brokenness gebeur, dit het self met Jesus gebeur. Hy het dit met Homself vir my en jou laát gebeur. Ek glo ook nie vir een oomblik, dat God ons laat breek, sodat ons iets moet leer nie. As ek Hom toelaat, gebruik hy die gebreekte stukke om my te bevry.

Toé hoor ek iets… Ek hoor in die stilte my eie geraas. Ek hoor hoe ek dink. Dis chaos!

Geen wonder ek sukkel om te hoor nie. Jare se Bybelverse, en tientalle hulpmiddels spoel deur my gedagtes. Ek weier om as ‘n “Victim” te gaan lê. Ek voel hoe ek geestelike krag kry elke dag, en ek weet dis nie ek nie. Dis al die gebede, dis die Heilige Gees! Ek wil nogtans net wees. My seun bring vir my ‘n woord. Dis moeilik vir ‘n ma om nie na haar kinders te luister nie. Ek wou hoor wat hy sê, maar nie oor wat hy vir my wou sê nie, ek wou eintlik hom toelaat om te praat, sodat ek kon hoor of hy okay is.

“Mamma, ek voel die Here wil hê ek moet vir mamma die Woord bring:”

Est 4:14  For if thou altogether holdest thy peace at this time, then shall there enlargement and deliverance arise to the Jews from another place; … and who knoweth whether thou art come to the kingdom for such a time as this?

Jy sien, ons het elkeen ‘n Ester tyd, nie net een, of twee uitgesoekte vrouens nie. God se Woord is vir ons almal. Hierdie groot “breek” is my Ester oomblik, waar en wat is joune? Moenie jou wonde vir jouself hou nie. Plaas dit in Sy wonde, en laat Hom deur jou doen wat Hy wil. Leef voluit, al breek daar stukkies van jou af. Skoonheid is nie vleeslike heelheid op hierdie aarde nie. Skoonheid is die erfenis van Christus, wat ons lewens nalaat. Hoe ons, ons ASEM en TYD spandeer!

As die oomblilk aanbreek, gaan dit nie meer oor jou en my nie, maar oor Hóm. 

Kom ons gebruik ons “Brokenness” om na God toe te hardloop, en van Vrees (om te leef) los te kom Sodat ons ‘n Christus gesentreerde lewe kan lei – prakties! So prakties dat ander dit kan lees in jou lewe, en dit ook kan leef.  Ek bid dat jy saam met my sal sien, hoe Hy jou Vrymaak, al is on lywe breekbaar. Jy moet Hom net toelaat. Mens kan so maklik net ‘n toeskouer van jou eie lewe raak, as slegte dinge met ons gebeur. Moenie dit toelaat nie. Ek gaan my deel doen en blog vir blog hulpmiddels deurgee, sodat ons vry kan leef, ten spyte van gebrokenheid. Dis is my nuwe passie na my groot “breek” – ek is na dit heler as ooit!

Dankie dat jy die tydjie gevat het om my rede vir leef “elke asem en elke sekonde” vir Jesus te lees.  Jesus het alles vir ons moontlik gemaak. Kom vat saam met my, jou wonde en letsels, en gee dit as jou Ester oomblik vir die Here terug. Ester was ook bang, tot Mordechai vir haar in ‘n brief bemoedig het. Ek bemoedig jou vandag, moenie jou lewe minag nie. Jy, met al jou letsels en wonde oorgeplaas in Christus, dra ál die Waarde wat nodig is, om ongebroke te leef. Daar is natuurlik ruimte vir die rou proses, maar ons kan nie slagoffers bly, as gevolg van dinge (slegte dinge) wat met ons gebeur nie.

Luister na hierdie liedjie en dank die Here vir jou wonde, want dit het die potensiaal om jou na Hom toe te lei. My wonde herhinder my elke dag wie Jesus is, en ek wil nooit daarsonder wees nie.

So word Brokenness Binded Up, en Biblical Beauty gebore.